AleNic - Handcut Coin Jewellery

AleNic - Handcut Coin Jewellery AleNic - Handcut Coin Jewellery AleNic - Handcut Coin Jewellery AleNic - Handcut Coin Jewellery AleNic - Handcut Coin Jewellery AleNic - Handcut Coin Jewellery AleNic - Handcut Coin Jewellery AleNic - Handcut Coin Jewellery AleNic - Handcut Coin Jewellery AleNic - Handcut Coin Jewellery AleNic - Handcut Coin Jewellery AleNic - Handcut Coin Jewellery AleNic - Handcut Coin Jewellery AleNic - Handcut Coin Jewellery

Phone: 079 040 0369

Email: anellelubbe@outlook.com

Social Media

Facebook

Video

About

All of these products are created by hand.

Each coin is hand-cut to make this beautiful coin jewellery, all set on genuine leather with stainless steel elements. The heart of this business and what drives her the most is the 1c sparrow, representing hope and faith in God.

Die storie van die mossie
Die baken van geloof en hoop

Soos meeste van julle wat my ondersteun weet, is die mossies nie net my beste verkopers nie, maar ook die kern van my besigheid en die baken van geloof en hoop wat my elke dag dra. Daarom deel ek graag vandag die aangrypende en troosvolle verhaal met julle vir dié wat dalk aanklank kan vind daarby.

Meer as 100 jaar gelede, in die konsentrasiekamp, sit Anette Marais op ’n stomp en skud die stof van haar verslete klere af. Rondom haar sit bekende gesigte van moeg vrouens. Net ’n paar tree verder is die hoë draad van die konsentrasiekamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Die vorige nag het sy in haar gebede gesmeek dat God aan haar ’n boodskap moet gee om hierdie vrouens te bemoedig. (Net soos ek een aand moedeloos aan die Hemelse Vader gevra het vir ’n idee vir my besigheid – iets uniek en spesiaal – sodat ek ’n beter inkomste vir my gesin kon genereer.)

Anette lees die woorde van Matteus 10:29-31:
“Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Maar van julle is self die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

Terwyl sy hierdie woorde lees, kom sit daar ’n vaal klein mossie op haar skouer. Die vrouens rondom haar staar verbaas na wat voor hulle gebeur. So word die mossie die teken van hoop te midde van die onmoontlike omstandighede in die konsentrasiekamp in Bethulie. In die maande wat volg, word die mossies van Bethulie die baken van geloof en hoop vir hierdie vrouens.

Op 21 Mei 1902 was die oorlog verby. Terwyl Anette op pad terug huis toe was, het sy by ’n invloedryke vrou gestop en haar van die mossie-boodskap vertel. Die vrou het die storie weer oorvertel, en Generaal Jan Smuts het in 1923 gereël dat die mossie op die land se kleinste muntstuk, die kwartpennie, verskyn.

Amper 80 jaar later sit Jak de Priester in ’n park in Londen. Sy geld is op, hy kry nie werk nie, en hy verlang na die meisie van sy drome, sonskyn en biltong. Hy slaan sy klein silwer Bybeltjie oop, lees die mossie-boodskap, en bid weer vir werk.

Vroeg die volgende oggend lui sy telefoon – dit is die oproep waarvoor hy gewag het. Hy spring op die eerste trein en begin met ’n lang dag se onderhoude. Moeg, maar gelukkig en met ’n permanente werk, klim hy laatmiddag weer op die trein. Toe hy inklim, sien hy ’n muntstuk op die vloer. Hy tel dit op en hou ’n Suid-Afrikaanse 1c-stuk met die mossie agterop in sy hand. Hy vertel hoe die wêreld om hom stil geword het en hoe hy besef het dat God daar op die trein by hom was – dat sy gebed die waarborg was in hierdie stukkende wêreld.

Here, dankie.
Dankie dat daar altyd hoop is. Dankie vir bakens langs die pad wat ons help om geduldig te wees terwyl ons wag vir U om op die regte tyd ons omstandighede te verander. Net soos wat U daardie aand met my kom praat het, toe ek nie meer geweet het watter kant toe nie – toe U hierdie saad in my kop geplant het oor wat ek moet doen vir ’n besigheid. Help ons om nooit te vergeet dat U wat na die mossies omsien, nog meer na ons sal omsien.

Amen.

Sign In

Register

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.